Tussen Clanwilliam en Wuppertal, regoor die Cederberge, lê die Biedouwvallei, vol van rooibostee bedrywighede en toerisme bestemmings.
Daar wag egter ook ‘n asemrowende plekkie, weggesteek tussen die berge, tevrede op die oewer van die standhoudende Biedouwrivier.
Die Biedouw Kampterrein is die ideale plek vir elke byeenkoms of vakansie. Met buite– en binnegeriewe vir ‘n jeugkamp, troue of seminaar, tot ‘n private bungalow teen die hang van die berg vir die alleen ou, en pryse wat beslis onder jou vuurmaakplek is, is hierdie een van die mooiste, gerieflikste en mees bekostigbare kampeerterreine in die land.
Dinge om te sien / doen:
* Staproetes na ‘n waterval, pragtige rotsvormasies, boesmantekeninge en vele meer.
* Foefieslaaid ry en swem in die rivier
* Blommekyk gedurende die blommetyd
* Nabygelëe Rooibostee bedrywe vir besigtigings toere
* Luilekker tye op die groot grasperke, onder groot skadubome
Fasiliteite:
* Eskomkrag
* Netjiese, skoon ablusieblokke met warm water, toilette en storte
* Saal vir enige groepsaktiwiteit of byeenkoms
* Ten volle toegeruste kombuis met kook- en vriesgeriewe
* Was area
* Braai geriewe
* Hindernis baan vir spanbou aktiwiteite
Kontak Biedouw Kampterrein vandag vir besprekings.